Saam met die suidoosterwind waai daar jaarliks ‘n fees van kuns en kultuur die Kaap binne. Die Suidoosterfees, wat van 26 tot 31 Januarie by Artscape aangebied word, sluit ook ‘n hele aantal boekgeleenthede in. Lesers kan uitsien na die volgende:
Huiskok Glanskok kook met Woorde, kleur en geur
Errieda Du Toit en Francois Ferreira, die samestellers van die kookboek Huiskok Glanskok “neem die gehoor op ‘n visuele en woord-kosreis”.
Donderdag 28 Januarie om 18:00.
Koste: R60.00
‘n Paneelbespreking sal gehou word oor die stand van Afrikaanse musiek, aan die hand van Ilza Roggeband se boek, 50 Stemme: Die grootste name in Afrikaanse musiek.
Vrydag 29 Januarie om 18:00
Koste: Gratis!


Boeke-ontbyt met Anoescha von Meck
Kom geniet ontbyt en ‘n bespreking van Anoescha von Meck se Annerkant die longdrop, Vaselinetjie, en die vertaling, My Name is Vaselinetjie. Die toneelstuk van hierdie boek is by die fees te sien en dit sal ook by die ontbyt bespreek word.
Saterdag 30 Januarie om 09:00
Koste: R90.00
Die toneelstuk word op hierdie dae opgevoer:
Vrydag 29 Januarie om 15:30
Saterdag 30 Januarie om 13:30
Sondag 31 Januarie om 10:00
Riana Scheepers sal haar nuwe bundel kortverhale, Katvoet, bespreek.
Saterdag 30 Januarie om 12:00
Koste: Gratis!
Moenie dat die grootmense hoor nie
Francois Bloemhof gesels met Rudi Venter oor sy nuwe jeugbundel, Moenie dat die grootmense hoor nie, en ook oor al die ander genres wat hy aanpak.
Saterdag 30 Januarie om15:30
Koste: Gratis!
Kom hoor hoe klink Brand Blixum se gedigte. Dehon Joubert doen ‘n gedramatiseerde voorlesing uit Blixum se debuutbundel, Brandkuiken.
Saterdag 30 Januarie om 19:00
Koste: Gratis!
Tango met Amanda Strydom en Jeanne Els
Jeanne Els gaan voorlees uit haar boek Tango en die koningin van kabaret, Amanda Strydom, sal die gehoor met sang vermaak.
Sondag 31 Januarie om 10:30
Koste: R90.00
Tobie Wiese se nuwe boek, Die Verhaal van Elandskloof, kom onder die loep in hierdie bespreking. Heindrich Wyngaard gesels met die skrywer.
Sondag 31 Januarie om 11:45
Koste: Gratis!
Adriaan Meyer praat oor sy debuutdrama, Prinsloo versus, wat by Protea Boekhuis uitgegee is en wat al verskeie suksesvolle opvoerings geniet het.
Sondag 31 Januarie om 14:00
Koste: Gratis!
- Vir meer inligting besoek die Suidoosterfees se webtuiste
- Suidoosterfees op Facebook
- Besoek op jou sel by soffees.mobi
Boekbesonderhede
- Prinsloo Versus deur Adriaan Meyer
EAN: 9781869192525
Find this book with BOOK Finder!
- Die Verhaal van Elandskloof deur Tobie Wiese, Ricky Goedeman
EAN: 9781869192471
Find this book with BOOK Finder!
- Tango: Ligvoets deur die lewe deur Jeanne Els
EAN: 9780796309815
Find this book with BOOK Finder!
- Moenie dat die grootmense hoor nie deur Francois Bloemhof
EAN: 9780624047339
Find this book with BOOK Finder!
- Katvoet deur Riana Scheepers
Boektuisblad
EAN: 9780798151078
Find this book with BOOK Finder!
- Annerkant die longdrop deur Anoeschka von Meck
Boektuisblad
EAN: 9780624048114
Find this book with BOOK Finder!
- Vaselinetjie deur Anoeschka von Meck
Boektuisblad
EAN: 9780624039815
Find this book with BOOK Finder!
- 50 Stemme: Die grootste name in Afrikaanse musiek deur Ilza Roggeband
Boektuisblad
EAN: 9780908387908
Find this book with BOOK Finder!
- Huiskok Glanskok deur Francois Ferreira, Errieda du Toit
EAN: 9780798149204
Find this book with BOOK Finder!
Book details
- My Name is Vaselinetjie by Anoeschka von Meck
Book homepage
EAN: 9780624046585
Find this book with BOOK Finder!



































































