Die Universiteit van Stellenbosch se Woordfees is vanjaar 11 jaar oud. Ter viering van die verjaarsdag is verskeie skole en skrywers vereer vir hul bydrae tot Afrikaans. Karin Brynard (outeur van Plaasmoord) en Bettina Wyngaard (outeur van Troos vir die Gebrokenes) deel die prys vir debuut-teksskrywer. Lees verder vir ander pryswenners.
Die Universiteit van Stellenbosch se Woordfees het vir die eerste keer in sy 11-jarige bestaan woord- en visuele kunstenaars vereer.
Die WOORDtroFEES is gister, op die laaste dag van die fees, in samewerking met die ATKV toegeken.
Die prys Woorde Open Wêrelde (WOW) vir ’n skool se uitsonderlike bydrae tot Afrikaans het aan die Sekondêre Skool Schoonspruit gegaan en die individuele prys aan me. Mary Wanda.
Die eerste prys vir ’n drama is toegeken aan As Die Broek Pas. Dié werk is deur Willem Anker vertaal. Marthinus Basson het die regie en ontwerp gedoen en Antoinette Kellermann is in die hoofrol.
“Dames en Here, vergun my om u voor te stel aan Breyten Breyntenbach, die maer man met die groen trui”.
Die teaterstuk Verse in my vingers, begin met hierdie bekende woorde uit Breytenbach se gedig “Bedreiging van die siekes”. In dié produksie, wat tydens die Woordfees opgevoer is, is voorlesings uit Breytenbach se werke en toonsettings van sy gedigte gebruik om hierdie groot digter se lewensverhaal te vertel.
Breytenbach word vanjaar 70. Ander groot skrywers wat vanjaar die mylpaal van 70 of 75 jaar haal, is by die Woordfees gehuldig. Breytenbach was ongelukkig nie by die fees aanwesig nie, maar Verse in my vingers het wel in sy afwesigheid sy 70 lewensjare gevier.
Musiek is deur Laurinda Hofmeyr verskaf en Johann Nel, Waldemar Schultz, Eugenie Wiggens en Hugo Theart het gedigte en ander skryfwerk van Breytenbach voorgelees. Gedigte, prosa en musiek het in die produksie soomloos in mekaar gevloei.
Daar is begin met gedigte en prosa oor Breytenbach se herkoms en familie. Hofmeyr het ‘n toonsetting van “Ek sal sterf en na my vader gaan” gesing. Daarna is Breytenbach se liefdesgedigte voorgedra en “Ek wag in my hart” is onder andere gesing.
Breytenbach se ontnugtering toe sy vrou gedurende apartheid toegang tot die land geweier is, is in sy eie woorde oorgedra. Die gehoor is bewusgemaak van Breytenbach se ambivalente gevoelens van liefde én haat teenoor Suid-Afrika.
Breytenbach se gedigte uit sy periode in die tronk is met gevoel voorgedra en so ook sy gedigte oor die dood.
Die applous aan die einde van die produksie was nie net vir die akteurs se gevoelvolle voordrag nie, maar ook vir dié meesterdigter: die maer man met die groen trui.
Die volgorde waarin Hennie Aucamp se kortverhale in sy bundels verskyn, dra betekenis.
“Dit is soos ‘n goed-gekonstrueerde konsert,” het Aucamp gister in gesprek met Daniel Hugo by die Woordfees gesê. “Daar is ‘n rede waarom dit so is en ek wil hê jy moet dit in daardie volgorde lees.”
In sy nuutste bundel, Die huis van die digter, eindig die verhaal “Die stolp” byvoorbeeld met die geboorte van ‘n tweeling. Dit word die skakel na die volgende verhaal, “In rooi grond, tussen kanniedood en vuurklip”, waarin daar ook ‘n tweeling verskyn.
In die titelverhaal skryf ‘n digter pornografiese briewe aan sy geliefde. “Ek maak hier ‘n kunsteoretiese stelling,” het Aucamp verduidelik. “’n Kunstenaar werk met ruwe materiaal en dit moet deur baie filters gaan voordat dit kuns word.”
‘n Verwysing na okselhare in laasgenoemde verhaal is weer die skakel na “Kouekoors” wat met homoseksuele liefde te make het. In hierdie verhaal word daar ook klem op okselhare gelê.
Wanneer dit kom by die uitbeelding van die erotiese en ook die homoërotiese gaan Aucamp maar “doldapper” voort. “Ek glo aan eerlike mededeling. Ek skep nie doelbewus verhale om te skok nie.”
Soms voel Aucamp dat dele van ‘n verhaal aan hom “gegee” word. Die verhaal “Droë meer” is egter die eerste verhaal wat volgens Aucamp in geheel aan hom gegee is. Dit het ná die literator Elize Botha se dood gebeur. Aucamp was emosioneel en het gevoel dat ‘n era verby is. “Droë meer” is selfs vir Aucamp ‘n vreemde verhaal en hy “durf dit nie probeer verklaar nie”.
Dié meesterskrywer hou hom tans besig met die skryf van kinderverse. Hy skryf nie uit die hoogte af na kinders nie. “Ek skryf vir die kind in myself,” het hy gesê.
Ter aansluiting by vanjaar se Woordfees-tema, Baljaar, het skrywers gisteraand by die Skrywersgala met woorde gespeel.
Philip de Vos het grappige ryme afgerits en Zimbabwese skrywer Shimmer Chinodya het ’n eksperimentele prosateks, wat geen verteller het nie, voorgelees.
Petra Mullër het “nonsens”-gediggies voorgedra en gewys op die tradisie om niksseggende gediggies in Afrikaans te probeer skryf. Sy het egter erken skrywers kry dit selde reg. Daar is steeds ’n dieper betekenis agter die meeste skrywers se grappigheid.
Die skrywersgala se wortels lê in die heel eerste Woordfees. Die eerste fees was ’n deurnag-geleentheid waar skrywers uit hul werk voorgelees het. Alhoewel die Woordfees vandag veel meer behels (debatte, toneel, musiek, kuns en boekgesprekke), het die oorspronklike aard van die fees in die skrywersgala behoue gebly.
Vanjaar het Bettina Wyngaard, Annelie Botes, Petra Müller en Phillip de Vos uit hul werk voorgelees, sowel as die Nederlanders Menno Wigman en Annelies Verbeke.
Die Nederlandse Theatergroep Flint het musiek verskaf met ’n tjello en ’n trekklavier. Hulle het Nederlandse en Afrikaanse getoonsette gedigte gesing, onder meer ook ’n gedig van Breyten Breytenbach en een van Ingrid Jonker.
Dorothea van Zyl, Woordfees-direkteur, het by die geleentheid gesê hulle wil al lank skrywers van ander Afrika-lande betrek. Vanjaar is die wens bewaarheid deur die teenwoordigheid van Chinodya.
Die spel met woorde is voortgesit deur Waldemar Schultz, Eben Genis en Pierre Theron wat tussen die voorlesings kort toneeltjies opgevoer het. Hulle het Breyten Breytenbach se gedig “Die Tweegeveg”, en Hennie Aucamp se kortverhaal “Muurblomme” gedramatiseer.
Verder het hulle die Baljaar-tema uitgebrei deur met die woorde “baldadig”, “ouballie”, “balsem”, “balans” en selfs “ballaglik” te speel.
Alert! The Pan South African Language Board (PanSALB) had its annual multilingualism awards banquet late last month, and – well, let’s be honest here, perhaps Your Correspondent is a bit jaded, but the whole thing just seems a little bit tawdry, right down to the press release:
There were ululations and chanting when PanSALB bestowed the Chairman’s Lifetime Award on former State President, Dr Nelson Mandela.
The announcement was made during a star-studded, glittering and ostentatious PanSALB Multilingualism Awards, held at the Sandton Convention Centre on Saturday, 20 February 2010.
“Ostentatious” indeed. (Where are we, back at the NLNG Grant Awards Night?) One of Madiba’s granddaughters accepted the gong on his behalf. The list of the other winners – which goes on a bit, and sees both individuals and institutions in the mix – includes Deon Meyer, who won the Afrikaans category (there’s one award per official language, it would seem – but on the other hand there’s no mention of English, Zulu, Ndebele, Sepedi, Siswati or Xitsonga in the press release, so who knows), receiving R10 000 courtesy Microsoft. Other individual winners received the same amount:
In the language, written and oral literature category the winner for Afrikaans is Deon Meyer, top-selling South African crime thriller author, whose books have been translated into 20 languages. The runners-up are André Brink and Antjie Krog.
In Setswana the winner is the Reverend Dietrich Mascher and the runner-up Thapelo Moraka.
In isiXhosa the joint winners are Professors Peter Mtuze and Mncedisi Jordan. Mtuze was head of African Languages at the University of Rhodes until 2000 and advisor to the African Languages Association.
In Tshivenda the winner is NAPS Publishers and the runners-up are Domina Napoleon Munzhelele and Konanani Muebi.
The winner for Sesotho is playright Thapelo Moraka and the runners-up are Paul Katiso Nkhoesa and Kabelo Duncan Kgatea.
In South African sign language the winner is Francois Deysel of the Deaf Federation of South Africa and the runners-up Philemon Akash and the Sign Language Department.
In Khoi, Nama and San languages the winner is the Khwedam Language Committee and the runner-up Gerhardus Damarah.
Hoor jou storie op die draadloos met die 2010 RSG en Sanlam het so pas die radiodramaskryfkompetisie. Jy kan ook lekker geld maak – die eerste prys is R20,000 en die tweede R10,000. Verlede jaar se eerste prys het gegaan aan Piet Steyn vir Die mynramp en die tweede prys aan Leon van Nierop vir Twyfelberg. Kompetisie besonderhede volg onderaan.
Doop jou veer in ink, want die radiostasie RSG en Sanlam se radiodramaskryfkompetisie vir 2010 is pas aangekondig.
Margot Luyt van RSG sê enigeen met bewese skryftalent kan vir die kompetisie inskryf, ongeag of hulle al voorheen ’n radiodrama aangepak het of nie.
Deelnemers moet net seker maak hulle hou by die voorgeskrewe riglyne.
Oor verlede jaar se inskryf-oes sê Luyt dit was lekker om te sien dat mense respek vir die radiodrama as genre begin ontwikkel.
Een van Abraham de Vries se vroegste herinneringe aan sy vriend en medeskrywer André P Brink is hul meningsverskil oor Opperman se gebruik van die woord “klong” in een van sy gedigte.
Vir De Vries was dit aanvaarbaar, want wit mense noem mekaar ook so, maar Brink het gesê: “Ek dink dit verskil as ‘n witte ‘n bruin mens so noem”.
Só het de Vries gisteraand vertel by die die viering van Brink se 75ste lewensjaar tydens die Woordfees op Stellenbosch. “Ek sal sy ongemak met die woord altyd onthou”. Tóé reeds het De Vries besef Brink dink anders en nuut.
Brink laat sy lesers ook anders dink met sy romans, meen prof Willie Burger.
Hy het daarop gewys dat Brink sedert die sestiger jare vernuwing teweeg gebring het. Hy doen dit steeds vandag, vier dekades later. “Ons bring hulde aan dié sjamaan wat ons denke verander.”
Brink het verduidelik dat hy daarna streef om met sy romans die onsêbare te sê. “Selfs al word dit miskien nooit werklik gesê nie, mik ek met alles wat ek skryf daarna.”
Hy vergelyk dié strewe met die briefie van ‘n Joodse seuntjie wat in ‘n konsentrasiekamp gesterf het. Hulle moes teken wat hulle van die konsentrasiekamp onthou. Die seuntjie het geskryf: “Hier het ek geen vlinder gesien”.
“Al het hy nie ‘n vlinder gesien nie, roep sy briefie ‘n vlinder in ‘n mens se gedagtes op, sodat jy dit nooit weer sal vergeet nie,” het Brink gesê. “Dit is kuns: Om uit afwesigheid iets te maak.”
Brink het sy lesers bedank en beloof om die woorde wat hy nog binne hom het “soos vlinders wat nie is nie” uit te stort, sodat hulle in ons gedagtes kan bly dwarrel en ons denke vernuwe.
Die gaste is ook vermaak deur die vioolspel van Sang Woo Jun en die smaak van Black Bottle Scotch Whisky.
‘n Mens sal nie sommer sport en literatuur saamvoeg nie, maar dit is presies wat die organiseerders van die Woordfees beplan om vanjaar te doen – en wat hulle aanbied lyk beslis belowend!
Met die sokker-wêreldbeker om die draai is dié fees, wat van 1-7 Maart in Stellenbosch gehou word, se tema vanjaar “baljaar”. Oudergewoonte gaan die woord in alle sfere gevier word. Dit sluit in beprekinge, debatte, toneelstukke, musiekvertonings, kuns en kos. Vanjaar word daar egter ook gekyk na die rol van die woord in sport.
Só word daar in diskoers met Freek Robinson vanjaar gevra: “Wie se sokker-wêreldbeker is dit?” en “Gaan die wêreldbeker kool ekonomies die sous werd wees?” Supersport bied “Woordfiks” aan, waar sportuitsaaiers se gebruik van woorde onder die loep kom. Die iArt Gallery en David Krut Publishing stel ook die offisiële plakkaat van die 2010 Sokker-wêreldbeker ten toon.
Woorde en sport word vermeng en so ook woorde en ander genres. In “Oopmond” kom digters soos Danie Marais (Al is die maan ‘n misverstand), Jo Prins en Ronel Nel (En die Here het foto’s geneem oor Vanderbijlpark) byvoorbeeld teen musikante van Klopjag en DKW te staan in ‘n “bekgeveg met tunes” (4 Maart om 20:15 in die Fismer-saal teen R40). Dana Snyman (Op die toneel) en Klopjag span saam om die gehoor op ‘n reis te neem in “Baby as ek verby ry…” (5 Maart om 20:15 in die Fismer-saal teen R80) en Laurinda Hofmeyr span met akteurs saam om die werk en lewe van Breyten Breytenbach (Oorblyfsel/Voice Over) in woord en lied uit te beeld. (6 Maart 17:30 en 7 Maart 18:00 in die Japie Krige-saal teen R80). Dit is ter viering van Breytenbach se 70ste verjaarsdag.
Nog ‘n “groot gees”, Tannie Evita Bezuidenhout, is ‘n spesiale gas by vanjaar se Woordfees. Sy kom stel haar nuwe kookboek, Kossie Sikelela, bekend (2 Maart om 15:00 in die HB Thom Teater – Gratis) en sy is ook op die verhoog te sien in “‘n Koeksister vir Zuma” (2 Maart om 20:15 en 4 Maart om 20:15 in die HB Thom Teater teen R100).
Talle boeke wat die afgelope jaar verskyn het, sal deur hul skrywers bespreek word:
Naweek deur Toast Coetzer (6 Maart om 09:30 in die kykNET-Boektent teen R30)
Immergroen deur Dave Pepler (5 Maart om 10:00 in die Erfurthuis – Gratis)
Apostroof deur Fanie Olivier (3 Maart om 18:00 in die Erfurthuis teen R40)
Dit is ook nie net Afrikaanse of Suid-Afrikaanse skrywers wat aan die woord is nie. Soos gewoonlik word Nederlandse skrywers, toneelspelers en kunstenaars in die fees betrek, veral by die Neerlandistiekdag (6 Maart, 09:00-14:00 in Lokaal 693 in die Lettere gebou teen R50) en die Soete Groete-ete (5 Maart om 19:00 by Stellenrust teen R170).
Die Zimbabwese skrywer Shimmer Chinodya kom ook oor sy boeke gesels (5 Maart om 17:00 in die kykNET-Boektent teen R30).
Nuwe skrywers word nie afgeskeep nie. Nuwe stemme 4, ‘n bundel propvol werke van nuwe digters word by die fees bekendgestel (5 Maart om 18:00 by die Erfurthuis – Gratis).
‘n Splinternuwe toneelstuk, Draadwerk, die wenner van die Nagtegaal Teksprys, word vir die eerste keer by die Woordfees opgevoer (6 Maart om 20:15 en 7 Maart om 18:00 in die HB Thom Teater teen R80). Willem Anker se nuwe toneelstuk, Skrapnel, kan ook nie gemis word nie (4 Maart om 18:00 en 6 Maart om
09:30 in die HB Thom Teater teen R80).
Vir die duur van die week sal daar verskeie kunsuitstallings in Stellenbosch te sien wees, byvoorbeeld “Oor die einders van die bladsy” waar kunstenaars met die konsep “boek” gespeel het.
Die fees bied beslis iets vir almal. Besoek gerus die Woordfees webtuiste vir die volledige program.
Feestelike Frankryk: Fabels en Geregte uit die Franse Platteland deur Louis Jansen van Vuuren, Hardy Olivier, Anet Pienaar Boektuisblad EAN: 9781868423606 Find this book with BOOK Finder!
Dis die lekkerste ding in die wereld om in die bed te klim met ‘n goeie boek. Vir sommige is dit ‘n riller, vir ander ‘n liefdesverhaal of te wel ‘n hygroman. Party lees Mills&Boon dat hul tone krul van die lekkerkry, vir ander is die tipe boek ‘n bespotlikheid (hulle lees dit waarskynlik slegs in die privaat, agter geslote deure). Lili Radloff se genoeg met die neerhalende aanmerkings – liefdesverhale is van die top verkopers in die land en wat is tog fout met ‘n bietjie liefde? Ena Murray is een van ons grootste liefdesverhaal-skrywers met 24 omnibus versamelings.
Elke vyf sekondes verkoop ’n Mills & Boon-boek in Engeland, volgens die M&B-webwerf, en in sowel Amerika as Engeland behou dit steeds die grootste aandeel van die boekemark.
Volgens Romance Writers of America (RWA), die vernaamste nie-winsgewende organisasie in die genre, het romantiese fiksie twee jaar gelede meer as $1,37 miljard (sowat R13 miljard) net in Amerika gegenereer en laas jaar was byna 14% van alle gepubliseerde boeke romantiese fiksie, aldus Business of Consumer Book Publishing.
In Suid-Afrika kan geen ander genre, wat syfers betref, by liefdesverhale kers vashou nie. Uitgewers publiseer maandeliks ’n verskeidenheid nuwe boeke, asook omnibusse van bestaande titels met die 74-jarige Ena Murray met ’n hele 131 titels op haar kerfstok. Volgens die toonaangewende Nielssen-indeks was daar in 2008 vier en in 2009 drie van Ena Murray se omnibusse onder die toptienverkopers van plaaslike fiksie.
Ter viering van die bekende, bekroonde en (meestal) beminde skrywer JM Coetzee se verjaarsdag vandag bied BOOK SA vandag drie artikels deur drie skrywers – André P Brink, Karina Magdalena Szczurek en Kirby van der Merwe. Lekker lees oor Coetzee die mens, sy werk en sy geboorte dorp. Coetzee se treffer Disgrace, is nou ook beskikbaar in Afrikaans as In Oneer.
’n Mens sou kon sê dat ek John Coetzee leer ken het meer as 200 jaar voordat ek hom ontmoet het.
In die jaar 1760 het die boer Jacobus Coetzee (oftewel Coetsé) van Piketberg van goewerneur Ryk Tulbagh verlof gekry om ’n reis in die binneland te onderneem.
Gebaseer op sy “Relaas” van daardie reis, het J.M. Coetzee in 1974 sy onvergeetlike Narrative of Jakobus Coetzee geskryf, waarmee hy hom onmiddellik gevestig het as een van die grootste skrywers wat Suid-Afrika nog opgelewer het.
Toe ek nie so lank gelede nie uitgevra is oor my kennis van Suid-Afrika, het ek soos die meeste Europeërs met ’n paar pront sleutelwoorde geantwoord: apartheid, Nelson Mandela, 1994 – die betekenis van elke woord vaag en ver verwyder van die sentrum van my alledaagse ondervinding en bewussyn.
Vir my persoonlik het hierdie situasie baie vinnig en drasties verander namate ek my doktorale studie in Salzburg op die Suid-Afrikaanse literatuur begin toespits het.
Hulle leef in ’n behuisingskema aan die buitewyke van die dorp Worcester, tussen die spoorlyn en die nasionale pad. Die strate van die skema het boomname, maar nog geen bome nie. Hul adres is Populierlaan 12.
Al die huise in die skema is nuut en identies. Hulle staan op groot erwe van rooi kleigrond waarop niks groei nie, geskei deur draadheinings.
In elke werf staan ’n geboutjie bestaande uit ’n kamer en ’n toilet. Hoewel hulle nie ’n bediende het nie, verwys hulle daarna as “die bediendekamer” en “die bediendetoilet”. Hulle gebruik die bediendekamer om goed in te stoor: koerante, leë bottels, ’n stukkende stoel, ’n ou klapperhaarmatras.