Go to BOOK SA home
16 Mar 2010

BOOK SA – News

@ BOOK Southern Africa

Veels Geluk JM Coetzee!

February 9th, 2010 by Jani

JM Coetzee

In oneerDisgrace Ter viering van die bekende, bekroonde en (meestal) beminde skrywer JM Coetzee se verjaarsdag vandag bied BOOK SA vandag drie artikels deur drie skrywers – André P Brink, Karina Magdalena Szczurek en Kirby van der Merwe. Lekker lees oor Coetzee die mens, sy werk en sy geboorte dorp. Coetzee se treffer Disgrace, is nou ook beskikbaar in Afrikaans as In Oneer.

’n Mens sou kon sê dat ek John Coetzee leer ken het meer as 200 jaar voordat ek hom ontmoet het.

In die jaar 1760 het die boer Jacobus Coetzee (oftewel Coetsé) van Piketberg van goewerneur Ryk Tulbagh verlof gekry om ’n reis in die binneland te onderneem.

Gebaseer op sy “Relaas” van daardie reis, het J.M. Coetzee in 1974 sy onvergeetlike Narrative of Jakobus Coetzee geskryf, waarmee hy hom onmiddellik gevestig het as een van die grootste skrywers wat Suid-Afrika nog opgelewer het.

Toe ek nie so lank gelede nie uitgevra is oor my kennis van Suid-Afrika, het ek soos die meeste Europeërs met ’n paar pront sleutelwoorde geantwoord: apartheid, Nelson Mandela, 1994 – die betekenis van elke woord vaag en ver verwyder van die sentrum van my alledaagse ondervinding en bewussyn.

Vir my persoonlik het hierdie situasie baie vinnig en drasties verander namate ek my doktorale studie in Salzburg op die Suid-Afrikaanse literatuur begin toespits het.

Hulle leef in ’n behuisingskema aan die buitewyke van die dorp Worcester, tussen die spoorlyn en die nasionale pad. Die strate van die skema het boomname, maar nog geen bome nie. Hul adres is Populierlaan 12.

Al die huise in die skema is nuut en identies. Hulle staan op groot erwe van rooi kleigrond waarop niks groei nie, geskei deur draadheinings.

In elke werf staan ’n geboutjie bestaande uit ’n kamer en ’n toilet. Hoewel hulle nie ’n bediende het nie, verwys hulle daarna as “die bediendekamer” en “die bediendetoilet”.
Hulle gebruik die bediendekamer om goed in te stoor: koerante, leë bottels, ’n stukkende stoel, ’n ou klapperhaarmatras.

Hulle hou hoenders aan.

Boekbesonderhede

Foto te dank aan Granta

Please register or log in to comment