
Dis die lekkerste ding in die wereld om in die bed te klim met ‘n goeie boek. Vir sommige is dit ‘n riller, vir ander ‘n liefdesverhaal of te wel ‘n hygroman. Party lees Mills&Boon dat hul tone krul van die lekkerkry, vir ander is die tipe boek ‘n bespotlikheid (hulle lees dit waarskynlik slegs in die privaat, agter geslote deure). Lili Radloff se genoeg met die neerhalende aanmerkings – liefdesverhale is van die top verkopers in die land en wat is tog fout met ‘n bietjie liefde? Ena Murray is een van ons grootste liefdesverhaal-skrywers met 24 omnibus versamelings.
Elke vyf sekondes verkoop ’n Mills & Boon-boek in Engeland, volgens die M&B-webwerf, en in sowel Amerika as Engeland behou dit steeds die grootste aandeel van die boekemark.
Volgens Romance Writers of America (RWA), die vernaamste nie-winsgewende organisasie in die genre, het romantiese fiksie twee jaar gelede meer as $1,37 miljard (sowat R13 miljard) net in Amerika gegenereer en laas jaar was byna 14% van alle gepubliseerde boeke romantiese fiksie, aldus Business of Consumer Book Publishing.
In Suid-Afrika kan geen ander genre, wat syfers betref, by liefdesverhale kers vashou nie. Uitgewers publiseer maandeliks ’n verskeidenheid nuwe boeke, asook omnibusse van bestaande titels met die 74-jarige Ena Murray met ’n hele 131 titels op haar kerfstok. Volgens die toonaangewende Nielssen-indeks was daar in 2008 vier en in 2009 drie van Ena Murray se omnibusse onder die toptienverkopers van plaaslike fiksie.
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment