Go to BOOK SA home
21 Mar 2010

BOOK SA – News

@ BOOK Southern Africa

Digter Diana Ferrus oor haar Winternachten ervaring in Turkeye

December 17th, 2009 by Jani

Diana Ferrus, Petra Muller en Jeanne GoosenDie Nederlandse Winternachten-fees het hierdie jaar vir die eerste keer in Turkeye plaasgevind. Die Suid-Afrikaanse digter, Diana Ferrus is saam genooi. Hier deel sy haar ervaring van die fees en Turkeye met Willem de Vries van Die Burger.

Diana Ferrus, veral bekend om haar gedig oor Sarah Baartman en stigter van die vroueskrywersgroep Women in X-chains, het tevore aan die Winternachten-fees in Den Haag deelgeneem. Vanjaar was sy op uitnodiging van Winternachten saam met skrywers van Sint Maarten (Antille), Marokko en Nederland saam na Turkye.

Sedert 2001 reis digters en skrywers deur middel van Winternachten na die buiteland. Winternachten help om literêre programme in Indonesië, Suid-Afrika, Marokko, Turkye, Suriname en die Antille te reël. Luidens ’n persverklaring is skrywers gekies op grond van werk wat aansluit by die temas van die geleenthede wat in die stede Istanbul en Diyarbakir aangebied is, naamlik kulturele vryheid en die verlede.

Please register or log in to comment