Go to BOOK SA home
16 Mar 2010

BOOK SA – News

@ BOOK Southern Africa

Opvolg oor die Jan Rabie en Marjorie Wallace-skrywersbeurs: André P Brink kap terug

December 14th, 2009 by Jani

André P Brink

'n Vurk in die padA Fork in the RoadBekroonde, bekende en soms, berugte, skrywer André P Brink het verlede week die Jan Rabie en Marjorie Wallace-skrywersbeurs gewen…en toe bars die damwal van kritiek. Zelda Jongbloed het veral heelwat te se gehad oor die toepaslikheid van die toekenning aan so ‘n gevestigde skrywer (om nie eers te praat van die R20 000 se prysgeld nie). Brink het Vrydag in ‘n eksklusiewe onderhoud met Henry Cloete van Rapport sy kant van die saak gestel. (Kliek hier vir vorige stories die drama: Joan Hambidge se tien sente; en omstredenheid oor André Brink se beurs.)

Rapport: Wat lê volgens jou aan die kern van meningskrywers soos Zelda Jongbloed se ontevredenheid met jou aanvaarding van die beurs?

Brink: Ek vind dit byna onmoontlik om te sê wat myns insiens die “kern” van die dame se betoog is omdat die aanval so verwarrend en vol teenstrydighede is dat dit moeilik is om veel helderheid of logika daarin te soek. Ek mag bysê dat verskeie van haar redaksielede my die afgelope week per e-pos, SMS of telefoon van hul ondersteuning en begrip verseker het. Ek probeer in ieder geval my bes.

Ek is bereid om dit hierdie één keer aan te spreek, ter wille van die paar mense wat dit in hierdie debat ernstig en eerlik bedoel; en dan nie weer nie.

Voor die hele herrie begin het het Shané Kleyn van LitNet met Brink gesels oor die toekenning en hoe hy daaroor voel. Lees onderaan verder vir ‘n bietjie meer agtergrond.

In Die Burger word jy soos volg aangehaal: “Dié toekenning beteken vir my meer as enige ander wat ek nog gekry het.” Wat maak dit vir jou spesiaal?

Daar is heelwat redes. Om mee te begin, het dit gekom presies op die tydstip dat ek die idee vir die roman reg gehad het om te begin. Daar was egter die simpel maar belangrike praktiese probleem dat ek met soveel finansiële en ander praktiese probleme gesit het dat ek amper nie die tyd gehad het om te skryf nie. Nou skep hierdie beurs die geleentheid om, soos die Woord sê, die tyd (letterlik) uit te koop. En dis ’n wonderlike gevoel van innerlike ruimte. Voeg dan daarby dat die prys van Jan en Marjorie afkomstig is, twee vriende wat feitlik lewenslank vir my baie kosbaar is, met wie ek veertig jaar lank op soveel vlakke soveel kon deel. En dat UWK dit administreer, gee daar ook ’n bepaalde belangrike dimensie aan. Veral sedert Jakes Gerwel se tyd het ek ’n baie besondere gevoel vir UWK en die waardes en wêreld wat dit verteenwoordig. Dit sluit direk aan by die gegewe van die roman wat ek wil skryf. Op dié manier het alles net eenvoudig saamgewerk.

Boekbesonderhede

Foto te dank aan Victor Dlamini


Recent comments:
  • <a href="http://kathrynwhite.book.co.za" rel="nofollow">Kathryn</a>
    Kathryn
    December 14th, 2009 @15:55 #
     
    Top

    Can understand Jani's writing ! Maybe there is hope for my Marry an Afrikaans Farm Boy from the Karoo who has Moved to the City and Done Something Amazing dream.

    Bottom

Please register or log in to comment

» View comments as a forum thread and add tags in BOOK Chat