
Joan Hambidge het nou ook háár mening gelug oor die toekenning van die Jan Rabie en Marjorie Wallace-beurs aan André Brink.
Sy skryf in Die Burger die sinnetjie “vry van die bekommernisse om ’n inkomste te genereer”, in die reglement van die beurs, is wat hier van belang is. Brink, as ‘n “afgetrede en gevestigde skrywer met internasionale aansien” is volgens haar in ‘n ander posisie as ‘n jong, nie-gevestigde skrywer.
“Trouens, ek was van die begin af die mening toe gedaan dat die beurs opgedeel moes word sodat ’n Ronelda S. Kamfer en ’n Danie Marais hiervoor in aan merking sou kon kom. Of ’n Willem Fransman en ’n Tom Dreyer.”
Zelda Jongbloed begin haar rubriek oor André P. Brink (“André P. Brink behoort sy prys terug te gee”, DB, 7 deser) met die volgende woorde: “ek ken die skrywer André P. Brink nie, maar het respek vir hom en bewonder hom as skrywer”.
Wel ek gaan my stuk begin soos volg: Ek ken hom persoonlik en ek bewonder hom as skrywer, teoretikus, polemikus en veral as figuur wat deur die jare met onverdrote ywer teen ongeregtigheid / leuens / waansin standpunt ingeneem het.
Die impak van ’n werk soos Kennis van die Aand is waarskynlik nog nie geregistreer nie op die gemoed van ’n hele geslag wit, Afrikaanssprekende jong mense wat polities wakker geskud is.
Please register or log in to comment