Skrywers weet die kanse vir geldmaak is maar yl in die bedryf, veral in die huidige ekonomiese toestande. Juis daarom het die toekenners van die Jan Rabie/Rapportprys vir prosa besluit om die prysgeld met meer as 14% te vermeerder. Die wenner staan dus nou ‘n kans om volgende jaar R35 000 los te skryf.
Skrywers en uitgewers sal bly wees om te hoor die prysgeld van die Jan Rabie/Rapportprys is desondanks die taai ekonomiese tye met meer as 14% verhoog tot R35 000.
Die kortlys vir dié prys vir innoverende Afrikaanse prosa word in Rapport van 4 April volgende jaar bekend gemaak en die wenner ’n paar maande later.
Please register or log in to comment