Go to BOOK SA home
18 Mar 2010

BOOK SA – News

@ BOOK Southern Africa

André Brink neem grootste skrywersbeurs vir Afrikaans in ontvangs

December 4th, 2009 by Carolyn

André P Brink

André Brink sal vir ‘n jaar lank kan fokus op die skryf van ‘n nuwe roman, nadat hy gister die grootste beurs vir Afrikaanse skryfwerk in ontvangs geneem het.

Die Jan Rabie en Marjorie Wallace-beurs, ter waarde van R350 000, word uit die kunstenaar Marjorie Wallace se testament gefinanseer en deur die Universiteit van Wes-Kaapland geadministreer.

Die Burger berig Brink se nuwe roman sal ‘n verhaal van die Kaapse slawegeskiedenis vertel en die voorlopige titel is Philida. Lees die volledige berig hier:

Die reeds bekroonde skrywer André P. Brink het gister op die kampus van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) die grootste beurs vir Afrikaanse skryfwerk in ontvangs geneem.

Die eerste Jan Rabie en Marjorie Wallace-beurs ten bedrae van R350 000 is aan Brink oorhandig.

“Dié toekenning beteken vir my meer as enige ander wat ek nog gekry het,” het Brink gesê.

Dit sal hom in staat stel om ’n jaar lank te fokus op die skryf van ’n nuwe roman, waarvan die voorlopige titel Philida is – ’n verhaal van die Kaapse slawegeskiedenis.

Foto te dank aan Victor Dlamini

Please register or log in to comment