Go to BOOK SA home
20 Mar 2010

BOOK SA – News

@ BOOK Southern Africa

Maar reg vir die stories agter die rugby met John Smit se Captain in the Cauldron

November 17th, 2009 by Jani

John Smit & Mike Greenway, author of Captain in the Cauldron

Captain in the CauldronJohn Smit is sekerlik een van die mees suksevolste rugbykapteins in die geskiedenis van die Springbokke. Die kanse is ook goed dat sy outobiografie (wat hy met die hulp van Mike Greenaway geskryf het) groot gewildheid gaan geniet. Captain in the Cauldron hou glo niks terug nie en praat eerlik oor spelers en situasies (soos byvoorbeeld Kamp Staaldraad) en ook oor Smit self. Vir die wat nog altyd wou weet hoe Smit en sy span so goed saamwerk en wat regtig agter die skerms aangaan is die boek ‘n moet!

Sporthelde se outobiografieë is maar alte dikwels veel lawaai en weinig wol.

’n Mens het egter rede om te vermoed dat die Springbok-kaptein, John Smit, ’n bietjie meer vir homself te sê sal hê – en Captain in the Cauldron, geskryf saam met die gerekende Durbanse rugbyskrywer Mike Greenaway, stel nie teleur nie.

Smit se loopbaan het meer opdraande en afdraande gehad as die meeste s’n. Sedert hy as jong vaskopstut ’n dekade gelede Suid-Afrika se o.21-span aangevoer het na die wêreldkroon in dié ouderdomsgroep, is hy as’t ware grootgemaak om eendag Springbok-kaptein te word.

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment