Go to BOOK SA home
09 Feb 2010

BOOK SA - News

@ BOOK Southern Africa

Breyten Breytenbach reageer op Antjie Krog se uitspraak oor Julius Malema

November 13th, 2009 by Carolyn

Breyten BreytenbachJulius MalemaAntjie Krog

Notes from the Middle WorldBegging to be BlackThe World According to Julius MalemaJulius Malema is nie ‘n slagoffer van rassisme nie.

Só skryf Breyten Breytenbach op Die Burger se webtuiste in reaksie op Antjie Krog se stelling dat die uitsprake van Julius Malema die resultaat is van wit mense se gebrek aan begrip vir swart mense.

Krog het dít gesê by die bekendstelling van haar boek, Begging to Be Black by die Kaapse Persklub. Lees meer oor wat sy gesê het hier:

Die uitsprake van mnr. Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, is die resultaat van ’n versugting by swart mense “om beter verstaan te word”.

Malema verwoord “dit wat ons nie wil hoor nie omdat hy meen daar bestaan ’n gebrek aan begrip”, het die skrywer Antjie Krog hier gesê.

Dié digter en oudjoernalis het voor die Kaapse Persklub oor haar jongste boek, Begging to Be Black (uitgegee deur RandomHouse/Struik), gepraat. Die boek is die derde deel van ’n drieluik wat Country of My Skull en A Change of Tongue insluit.

Breytenbach het teruggekap en gesê Malema is eerder “die dikgevrete produk van ‘n kultuur van toe-eiening” en dat dit nie sal help as wit mense op die knieë na hom kruip nie. Lees sy volle repliek hier:

Ek dink Antjie Krog slaan die bal ’n bietjie skeef betreffende die beweegredes vir Julius Malema se optredes.

Dat rassisme springlewendig is hier en bykans oral ter wêreld, is so waar soos ’n donkie. Dis ’n feit dat wit mense in die algemeen geen begrip het of selfs kan hê van die dieptes van ellende en lyding van swart mense deur die eeue nie, wat aan hulle toedoen toegeskryf moet word. Dat die media in hulle roederlose gebrek aan ’n morele deontologie die vure stook, onder meer deur die verguising van onbevoegde swart bedryfsleiers en politieke trogvrate, word daagliks oor die blaaie geblaker.

Dat die oorgrote medemensliewende meerderheid siek en sat is vir die gemors in Suid-Afrika en ook versot is op die eina-lekker rillings van sensasie, is tog duidelik.

Book details

Scribd.com book preview:

The World According to Julius Malema

Photos courtesy Victor Dlamini and ceemwa

Please register or log in to comment