Soos gewoonlik volg moeilikheid en twis die publikasie van een van Koos Kombuis se boeke. Die keer is dit sy vorige bestuurder – ene Dagga-Dirk Uys – wat ontstoke is.
Mnr Uys het die naweek in Rapport losgebrand oor Kombuis se aantygings teen hom in Die Tyd van die Kombi’s. Aldi Schoeman van Die Burger vertel verder:
Dagga-Dirk Uys, ’n voormalige bestuurder van Koos Kombuis, dreig met regstappe teen Kombuis en sy uitgewer oor beweerde laster in sy jongste outobiografie, Die Tyd van die Kombi’s.
In dié boek, wat handel oor die Voëlvry–toer, deel Kombuis links en regs klappe uit en onthul hy onder meer ’n soort “besoekersboek” met name van vroue wat onder hom deurgeloop het.
Uys het gisteraand bevestig hy het reeds ’n prokureur genader.
“Ek sal moet (regstappe doen). My professionele reputasie is skade aangedoen.”
Boekbesonderhede
Please register or log in to comment