Go to BOOK SA home
21 Mar 2010

BOOK SA – News

@ BOOK Southern Africa

Die Frankfurtse Boekeskou ‘n kulturele Olimpiese Spele vir Sjina

October 29th, 2009 by Jani

China: Guest of Honour 2009Chinese ExhibitorDie onlangse Frankfurtse Boekeskou is hierdie jaar behoorlik oorskadu deur die eregas – Sjina. Die Fees word deur sommige beskryf as ‘n kulturele Olimpiese Spele met dawerende standbeelde, draakdanse en natuurlik, sensorskap.

Organiseerders moes vanjaar behoorlik op hul tande kners toe verskeie gaste se uitnodignings teruggetrek moes word op aandrang van die land. Die Fees het soos gewoonlik gesorg vir baie opwinding en belangrike gesprekke oor wêreldwye literatuur.

Die jaarlikse Frankfurtse Boekeskou bly ’n oor­rompelende ervaring.

Dis nou te sê as jy hoegenaamd die voordeur haal. Organiseerders het hulself vanjaar uit alle oorde fel kritiek op die hals gehaal met hul uitnodigingspolitiek.

Kort voor die aanvang van die skou word twee kritiese skrywers se uitnoding na ’n simposium ­teruggetrek nadat China, vanjaar se eregas, stem dikmaak.

Die simposium het gehandel oor die Volksrepubliek se rol in die wêreld. Toe bewys hy dit sommer self. Armdrukker. Ná ’n paar on gemaklike amptelike kuggies van die Duitsers het die stilswye maar voortgeduur en is die problematiek van China se eregasstatus in koffiehoekies, feeskoerante, die enkele ou man met sy plakkaatjie en media-gespreksforums van die openbare TV-sender bespreek.

Fotos te danke aan www.book-fair.com

Please register or log in to comment